Totale bladsykyke

Dagboek Oomblike

Dagboek Oomblikke is kort skryf stukkies soos wat sou geskryf word in 'n dagboek. Dikwels meer as een gedagte gang.

* * * * * * * * * * * * * * * * * * * * 

Ek staar na die skoon bladsy voor my. Frases jaag deur my kop, maar ek kan nie kop of stert daarvan uit maak nie. Die woorde lê in die spiere van skryf, maar my brein werk te stadig om alles te verwerk en sinvol te probeer neerskryf.
Ek het al 'n gedig en 'n storie oor/vir/van jou geskryf. Ek het my hart op jou verloor. Jy dink ek is die een vir jou. Jy het mooi woorde. Ek is bang vir jou. Nie vreesend nie, net dinge gaan te vinnig. Ek het al seergekry so en dit was bitter baie seer, ek wil nie weer so seer hê nie. Daar is iets van jou wat ek vir die res van my lewe by my soek...ek dink dis jy.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking