Totale bladsykyke

Gedigte

Te bang


Sy lê in haar bed,
Te bang om haar oë toe te maak.
Te bang dat die spoke van die verlede haar gaan verjaag
Te bang vir die geheime en mense wa in haar drome verskyn,
sonder ophou -
sonder aan hou.
Te bang vir die wel bekende stemme wat haar kraak,
en dan weer pleister met gebede.
Te bang vir die seer wat saam met die nag en koue haar bekruip.


********************


Die son en maan


Die son brand die siel
Die maan gee hoop

Die son wys die menslike imperfeksie
Die maan wys die Godelike perfeksie

Die son wys die grysheid
Die maan wys dit swart en wit

Die lig is haatlik
Die donker is lieflik

Die son is allerdaags
Die maan is romanties

Die son wys die vuilheid
Die maan wys die beeldskoonheid

Die son brand die siel
Die maan gee hoop
en die skemer kondig die nuus aan


********************


Sy dra 'n masker


Sy dra 'n masker,
  want sy is nie lus
vir die wêreld se 
vrae, groot-oog-kyke,
jammerte drukkies.

Sy dra 'n masker,
omdat die EEN dag
wat sy haar masker vergeet,
maak almal dit oor hul
of niemand gun haar 
privaatheid...
almal push...
unil she is broken even more.,.

Sy dra 'n masker,
omdat sy weet
niemand
verstaan hoe haar
kop voel nie.

Sy dra 'n masker.


********************


Die struggle


Ek slaap met 'n teddiebeer
om die monsters 
onder my bed 
te veg.
Ek dink aan diep dinge,
want die prentjies
     in my kop
raak te dikwels 
   te erg.
Ek probeer dinge uit kry,
deur te praat,
maar te dikwels bly dinge agter.
Ek skryf,
    want dit voel dan eers
     of mense
my
     nood
             KREET
                        hoor.

********************


Sy- die beste persoon in die wêreld (vir Chanté)

 

Sy is groot en sterk,

en vat wat na haar kant toe kom

soos ‘n man op steroids.

 

Maar op ‘n aand

dan raak als net bietjie

te veel,

dan word gedagtes en gevoelens

liriekes en note.

 

Onder haar sterk wees vir lank

is daar ‘n sagtigheidjie wat besluit:

genoeg is genoeg.

Jy moenie haar push nie,

jy sal sleg tweede kom.

 

Sy is ‘n baie lojale mens

maar as sy eers tot ‘n punt is

om nie meer om te gee nie,

het jy

die beste persoon in die wêreld

verloor.


********************


Dit het als begin by 'n wals


Saam het ons gewals.
Saam het ons huis toe geloop.
Saam het ons vir mekaar geval.

Jy wou my soen 
en dis al wat
ek wou hê

Saam baklei ons 
teen die omstandighede
wat ons uit mekaar wil dryf.

Saam baljaar ons in droomland
tot dagbreek.
Dan bly die geluk speel
soos 'n kaset,
oor en oor en oor,
tot ons weer ontmoet.

********************

Die hart se edelstene

Die prentjie van jou in die kar,
Die opgewondenheid terwyl jy my rondwys,
Die gestry oor wanneer die son die mooiste is,
Die gemaklikheid en gelukkigheid van jou op die plaas,
dit alles is die energie wat my ratte laat draai,
die dryfkrag in my pen.

Want jy sing 'n onbekende liedjie,
wat ek met oorgawe saam sin.
Te passievol en volwasse is ons
vir die wêreld om te verstaan.
Jy dra my hart in jou hande,
soos 'n edelgesteente.

Jy vou my klein handjie toe
in jou groot hande,
asof jy wil sê:
dis hoe jy my wil beskerm.

Jy behandel my megeduld...
en dikwels bid ek dat
jỳ nie my verbeelding is nie.

Jou glimlag is soos die nagtelike hemel,
só pragtig, maasó heimsinnig.
Dis daardie selfde glimlag
waverraai 
dat j
altyd
gedroom hevan
iets soos ons.


********************


Dis hier waar ek hoort

Daar waar diere net so geliefde is soos mense.
Daar waar mense nie onder mekaar se voete is nie.
Daar waar net liefde uitgedeel word.
Daar waar baklei nie 'n opsie is nie.
Daar waar aanvaarding & liefde al is, wat gegee word.
Daar waar 'n helpende hand met 'n glimlag ontvang word.
Dis daar waar my hart lê.

Hier waar ons net lief is vir mekaar.
Hier waar vrede in die atmosfeer lewe.
Hier waar koffie op 'n gas plaat gemaak word.
Hier waar tee 'n vreemde ding is.
Dis hier waar my hart lê.

Dis hier waar ek hoort.

****************************

Rosie op die graf

O, rosie op die graf
vertel hom-
ons verlang.
Rosie op die graf
vertel hom-
jy is daar uit respek & verlange.

O, rosie op die graf
mag jy vergaan soos hy
dat ons elke week
jou vervang,
'n nuwe blomme krans vir sy hoof.
O, rosie
tot ons eendag
te besig word
en vergeet
en saam leef met die holte in ons hart,
en vrede maak
dat die son een minder sonstraal het.

********************


Langpad-liefde

En so durf ek
die langpad huis toe.
My gedagtes staan op een plek stil,
terwyl die kilometers verby dans.
Wanneer sien ek jou weer?
Wanneer kan ek weer die langpad vir jou durf?
Ek wil jou sien glimlag,
en die seer weg soen.
Ek wil sorg dat jou magie vol is,
en jy okay is.

********************


Wortels van 'n verhouding


My gedagtes gesels vannaand
met die vlak verlange
na 'n man wat baie kosbaar is.

My liefde dieper as
'n boom se wortels.
Maar hy is vêr buite
die sienende oog.
Ons siele baljaar
in die skadu van 'n ou kasteel. 
Ons hande soek na bekende kurwes,
en ons lywe smag na mekaar.
Ons voete bereid om afstande af te lê,
maar omstandighede verhoed dit.
Al wat ons oor het is:
vertroue in mekaar
opbouende liefde
aanvaarding vir mekaar
God se hand in ons verhouding
aanhoudende gebede
geloof.

********************


'n Bitter eensaamheid


Die waardering van eensaamheid 

ontvou my vanaand met oorgawe.

Die windjie koel die dorre aarde

 en sy beeldskone natuur, 

stelselmatig af.

Met 'n skerp wind wat

ongelukkigheid, 

verlange en 

'n bitter eensaamheid

met valse wolke bring.

Want my hart is swaar

en die verlange diep

en die hart is baie ver van die huis.


********************


Dad se liefde


Dad se liefde is soos 

skottelgoed, 

dit hou nooit op nie.


Soms kyk ek daarna 

en wonder: 

"hoe de hell kan daar so baie wees?" 

Ander kere raak ek gatvol 

om die teelepels te was, 

want daar is net te veel. 

Maar elke beker koffie, 

wat deur elk van daai lepels gemaak is, 

is met baie liefde gemaak. 

Elke bord nog 'n bietjie liefde, 

gegee aan almal wat daarna smag. 


Dad, is soos die kraan wat water tap, 

gee net altyd...

en al wat Dad terug kry 

is glimlagte en drukkies 

en Dad is dood tevrede daarmee. 


Ek dink dis daaroor dat 

ons nooit die buite hek sluit nie

en die kombuis deur altyd oop is, 

want elke ongenooide is welkom...


********************

Die boek wat nog nie geskryf is nie


Die boek wat nog nie geskryf is nie,
het geen emosie,
Hy wys geen gevoelens.
Maar hy is vriendelik,
en hy probeer 'n goedhartige mens wees.

Sielkunde interesseer hom
en hy weet nie al dag wat om
met mense se misterie te doen,
sodra hy dit "uitgefigure" het nie.

Hulle sê: "Fisiese voorkoms kan verleidend wees",
dis baie waar met hom.
Hy lyk na 'n baie moody mens,
en eintlik probeer hy net 
menswees sonder gevoelens & emosies

In sy jongdae het hy sy tuin verniel,
sonder om die waarde daarvan in ag te neem.
Nou...

Nou probeer hy die onvrugbare grond
weer vrugbaar werk.
'n Bewys dat hy besef om alles te verbrand,
was nie die beste idee nie.


********************

Meisiekind


Groot meisie...
Sterk meisie...
Glimlag so helder,
maar flous so baie.

Mooi meisie...
Sterk meisie...
Dag na dag
   stap jy
van straat na straat
  en niemand
maar niemand
sien die pynlike,
swaar seer
wat jy saam
   dra nie

Sterk meisie...
Seer meisie...
Soms moet jy erken
als is nie okay.
Dit is okay om
die wêreld jou swakheid
te wys.

Seer meisie...
Dapper meisie...
Gaan huil op iemand se skouer,
want selfs jy is ook net mens.

1 opmerking: