Totale bladsykyke

Kortverhaal: In 'n vreemde land, op Oukersdag, het my lewe verander.

Ek dink terug aan daardie Oukersdag toe ek voor die winkelvenster gaan staan en iemand skielik met my begin praat het. Dit het my lewe verander...

Ek het 'n paar jaar gewerk, goed geld verdien en die meerderheid daarvan gespaar. Op 'n dag het ek wakker geword en besluit ek wil reis. Ek het die bietjie goed wat ek gehad het verkoop en die nodigste vir my reis aangeskaf.

Ek het nooit langer as vier dae op 'n plek gebly nie. As reisiger het ek so baie gereis en gesien dat ek later 'n swerwer geword het. Later het my rond beweeg net 'n roetine geword.

Na vyf jaar bevind ek myself op Oukersdag in 'n klein dorpie in Frankryk. Ek dwaal deur die dorpie opsoek na 'n Herberg of iets wat kan skuiling bied teen die sneeu. Ek word tot stilstand geruk voor 'n winkelvenster. Die winkel verkoop elektriesetoebehore en in die venster is 'n televisie aangeskakel. Die aangeskakelde is vreemd, want die winkel is lankal reeds gesluit. Die Franse nuus verskyn op die televisie. Ek staan en kyk maar, probeer afleidings maak, want ek weet nie meer wat in die wêreld aan gaan nie. Uit die bloute verskyn my sussie. Sy praat met die aanbieder, maar daar is 'n stem wat alles vertaal na Frans.
Hulle soek na my. Hulle verlang na my. Hulle weet nie wat van my geword het nie. Hulle soek na my. Hulle verlang na my...
My gedagtes word onderbreek deur 'n Afrikaanse, diep stem. Ek draai in verbasing om. Voor my staan 'n baie aantreklike man, seker so 26 jaar oud (selfde as ek), met bruin hazel oë wat deur jou siel kan kyk.
Ek staan stom geslaan.
"Die wêreld het jou maniere gesteel. Dis ongeskik om te staar", sê hy.
Ek skud my kop.
" 'Skies, jy is die eerste mooi Suid-Afrikaanse boerseun wat ek in 5 jaar sien", sê ek vir hom met 'n glimlag.
Laggend antwoord hy: "Jou sussie, Emily, het my gestuur om jou te vind."
Ek het haar naam jare laas gehoor, dat dit trane bring.
"Hoe seker is jy ek is die persoon na wie jy soek?"
Hy glimlag jammerlik.
"Ek is so seker soos die sneeu om ons val, want anders het nie nou trane in jou oë gehad toe ek haar naam noem nie."
Hy grou in sy jas se binne sak en bring foto's na vore. Dis foto's van toe ek klein was. Foto's van ons as gesin. Ons gelukkigheid vas gevang. Die herinneringe oorvloed my en my bene gee onder my in. Die onbekende man vang my.
Sy oë is sag, sy hande glad.
"My naam is Righan", fluister hy.
"Ek is... Leanté" sê ek.
Hy help my terug op my voete en vat my na die hotelkamer wat hy bespreek het.

Die kamer vir twee enkellopendes is baie luuks, wel vir my wat soms sommer in 'n hoerhuis geslaap het. Ek het myself verskoon en gaan bad, want so kon ek nie meer myself verdra by hom nie. Hy is so skoon en so netjies. Dan is daar ek, so vuil en stinkerig.
Die water is heerlik warm, ek wil nie klaar maak nie. Ek is seker ek het laas in Egipte in warm water gewas, nadat die seerowers moeg was vir my. Die Egiptenare was baie vriendelik. Hulle het my mooi gesond gemaak. Hulle sou net nooit my kop kon genees nie... TOK-TOK -is die onseker klop aan die deur.
"Jou broer, Eduardt, het vir jou klere gestuur. Kan ek dit inbring? Dit sal seker te groot wees vir jou, maar dis al wat ons het vir nou."
"Seker" antwoord ek. Hy het die donker badkamer binne gekom en die klere by die wasbak neer gesit, asof hy geweet het waar alles was en weer uitgeloop. Ek het die deur agter hom gesluit en die lig aangeskakel. Vir 'n paar minute het ek myself in die spieël aanskou, 'n bewys van uiterlike gesond wording. Die klere is myle te groot vir my. Goed so, dink ek by myself, dan kan hierdie man nie by my aanlê nie.
Met die oop maak van die badkamer deur, slaan 'n herlike pizza reuk my. My maag grom. Wanneer laas het ek geëet?
"Koffie?"
"Asseblief" antwoord ek, "ek hoop nie jy gee om nie, ek het my klere in die badkamer gelos. Ek sal dit more gaan was."
"Ek gee nie om nie. Ek het groot geword met twee sussies, ek ken van al julle benodighede en behoeftes", sê Righan glimlaggend.
Ek glimlag terug. "So vertel my bietjie van hierdie aantreklike man wat my sussie betaal het om my te vind."
"Wel" begin hy, "ek het oorspronklik studeer vir 'n dokter, maar almal het my aansoeke van die handgewys. Toe vind ek hierdie besigheid wat kliënte help om hul geliefdes op te spoor. Lewend of dood."
"En toe kry jy die besonderse voorreg om my te kom soek..?"
Hy gee 'n bord met twee snye pizza vir my aan en 'n beker koffie.
"Jammer, ek het gereken jy wil nie lank was vir kos nie. Die voorreg om jou te kom op soek, is met 'n plesier gedoen."
Ons eet in stilte.
Toe ek klaar geëet het, het ek my bord en beker in die wasbak uitgespoel,
"Vertel my, hoekom stort jy in die donker", vra Righan.
Ek vries. Hoe vertel ek hierdie man van die tekens op my lyf, as gevolg van ander se paranoia, en dat ek skaam kry vir die beeld in die spieël wat vir my terug staar?
"Ek is maar net gewoont aan die donker, dis al."
Hy knik sy kop en voor hy nog iets kon vra, sê ek nag en klim in die bed. Die bed is warm, sag en snoesig. Ek raak dadelik aan die slaap.



"Vervolg"

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking